HOOFBLAD

tel | fax:  027 712 1764
cell:  082 602 4607

info@modderfonteincampsite.co.za

ONS WERF

Die kinders kom kuier uit die stad en terwyl ons om die kombuistafel sit, vertel hulle my dat ek moet belÍ in 'n webwerf... Ek dink by myselwers dat, met al my verpligtinge, vir wat sal ek nou NOG 'n werf aanskaf? Ek het reeds een om te vee - hoekom nou NOG een? Kortgevat, is dit die bestek van my kennis rondom kompers... In alle geval, hier gaan ons...

Hoekom sal jy nou uit jou pad ry om by my aan te doen?

In die hart van Namakwaland... Ons is geleŽ, so 10km buite Springbok (oppad na Kleinzee) en toegang is 'n 1.5km mooi grondpad. Ons maak 'n ideale basis om die beroemde blommeryk te beleef of kom slaap net oor oppad na die Richtersveld of NamibiŽ. Klein, persoonlik en intiem met 15 kampeerplekke wat nie uitgemerk is nie laat jou vryheid toe wanneer jou toergroep groot is.

Lekker geleentheid om die plaas te verken. Stap of vir die meer energieke gaste kan jy jou bergfiets inspan en die klipkoppies aandurf. (Los maar asb. die motorfiets | quad op die sleepwa). Stap deur die asemrowende blommeveld tot by die rivier en ontdek ons besonderse maalgate. Sien die Kokerbome in al hul glorie.

Fasiliteite
  • 2 Netjiese ablusieblokke is uitgeteel en lekker warm water uit die "donkie" verseker lafenis na 'n dag op die pad. Eie ablusie fasiliteite vir ons paraplegiese gaste en die kragopwekker voorsien lig by al die ablusieblokke.

  • Geen kamp is volledig sonder 'n lekker ou staanvuur in die aand nie. Braai 'n vleisie, maak heerlike potjiekos en verkeer om die vuur soos net ons mense kan kuier - voor jy jou kom kry gaap die kraaie en jou maag is lam gelag van almal se stories vertel.

Oral op die plaas beleef jy die effek van tyd - oom Coenie raak van niks ontslae nie. Hy kan jou vertel van elke ou wrak wat op die plaas staan, vergete in tyd maar met die nostalgie van 'n storie wat die moeite werd is om oor en oor na te luister...  


Fasiliteite vir lekker saam kuier


Rivier, koppies en waterval
Verken met hartelus


Geskiedenis - blaai terug na die goeie ou dae

kuierblad | contact us | fotogallery | hoofblad | kontak ons | english | photo gallery

This web site designed by ezette@ezdezign.co.za